Skip to content
Educating an Industry

Inleidingsgids vir Deeltitel Eienaars

    Welkom!

    Om jou as eienaar van ‘n eiendom te help om die basiese voordele, reëls en regulasies van eienaarskap in ‘n Deeltitel Ontwikkeling te verstaan, het Enterprises University of Pretoria Proprietary Limited, in samewerking met Sectional Title Solutions (Pty) Ltd en ander kenners in die bedryf hierdie gratis, verbruikers-vriendelike kursus saamgestel. Daarby, kan jy toegang tot die kursus-materiaal kry in Engels, Afrikaans, Zoeloe, Xhosa en Sepedi

    Die Inleidingsgids vir Deeltitel Eienaars is die eerste kursus wat so geredelik aan jou beskikbaar is, en is een van vele kursusse wat ons beplan het. TRACS werk tans aan nog verskeie kursusse, van ‘n inleidingskursus reg deur tot ‘n gevorderde kursus vir Deeltitel Eienaars, asook a paar bykomende kursusse wat belangrike onderwerpe dek, soos byvoorbeeld finansiële rehabilitasie vir jou Gemeenskaps-ontwikkelingsplan

    Deelnemers wat hierdie kursus voltooi, mag ook vir hul Deeltitel Ontwikkelingsplan, en indirek vir hulself, in aanmerking kom vir verskeie afslagpryse en spesiale aanbiedinge van bedryfsverwante diensverskaffers.

    Soekwenke

    Hier is ‘n paar wenke om jou te help om maklik deur die kursus te werk:

    • Klik op die gaan-voort knoppie om te sien wat volgende kom  
    • Klik op foto’s en sketse om hulle te vergroot
    • Klik op die speel knoppie om ‘n video te kyk  
    • Let op die instruksies op die skerm om jou deur die kursus te lei
    • Kyk vir die pers vetgedrukte woorde, aangesien hulle aan die woordeboek verbind is 
    • Voltooi elke Hoofstuk in volgorde om ten volle voordeel uit hierdie kursus te kry Indien jy so sou verkies, kan jy egter die Hoofstukke in enige volgorde oopmaak  
    Inleiding Deeltiteleienaarskap – Voordele Deeltiteleienaarskap – Wat jy besit, jou pligte en jou verantwoordelikhede Heffings Eienaarsvergaderings Trustees Bestuursagent Versekering Die Ombudsdiens vir Gemeenskapskemas
    Back To Top
    Search